TuisWerfkaartVisie en MissieAansoek en KeuringToelatingsbeleidGedragskodeSkoolreëlsSkoolliedSkoolwapenMeer oorGebeureNavraeKontakGeskiedenisVakkeKoshuisBuitemuursGaleryOudleerlinge

 
Opgedateer: 2 Februarie 2023

    

 

 

Meer oor Privaatskool Amajuba

 Privaatskool Amajuba vir Christelike Volkseie Onderwys

In die begin van die 90tiger jare het dit al hoe duideliker geword dat Christen-Afrikaners 'n nuwe heenkome vir hul kinders sal moet vind met betrekking tot suiwer Christelik georiënteerde en behoorlike skoolopleiding. Die behoefte het gegroei vir skole waar Christelike ouers hul kinders in hul eie moedertaal, naamlik Afrikaans, kon laat opvoed en leer, binne suiwer Christelike normes.

Om daardie rede is daar vanaf Januarie 1995 talle Christelike Volkseie skole gestig. Een van daardie skole was Privaatskool Amajuba vir CVO. Lees gerus meer oor die skool se geskiedenis.

Privaatskool Amajuba het uitstekende onderwysers en baie kinders se eksamengemiddeld is hoër as die BCVO gemiddeld. Ons kinders is gelukkige kinders en daar is goeie verhoudinge tussen onderwysers en ouers.

Privaatskool Amajuba vir CVO :

Gehalte onderwys
Individuele aandag
Veilige speelareas
Goed georganiseerde atletiekdae
Pragtige kuns en kultuurbedrywighede

Die hoofdoel van die skool is die deeglike opvoeding van die kind wat die leerling na 'n volwasse persoonlikheid sal lei. 'n Karaktervolle mens wat God volgens Sy Woord dien. 'n Pragtige, opgeleide volwasse mens wat geskik en bereid is om al die gawes wat hy of sy van Hom ontvang het, voluit uit te leef tot Sy eer. 'n Student wat uitreik na die volwasse lewe, om die talente en gawes wat die Here hom of haar geskenk het, aan te wend om sy medemens te help en tot uitvoering op alle lewensterreine.

Die pragtige Privaatskool Amajuba bied baie aan, en u en u gesin kan deel in al die voordele. Kontak die skool om te hoor hoe keuring geskied of lees meer oor die Keuringsproses en vereistes.

Heelwat inligting oor die skool is saamgevat op hierdie webwerf, maar 'n Prospektus met aanvullende inligting is beskikbaar op aanvraag. Gebruik gerus hierdie webtuiste se Navraagvorm om Privaatskool Amajuba se Prospektus of ander inligting aan te vra.

Die Geskiedenis van Privaatskool Amajuba vir CVO
 
Vakke wat aangebied word
 
Koshuisfasiliteite vir Amajuba leerlinge
 
Buitemuurse Bedrywighede
 
Galery
 
Kontak Privaatskool Amajuba vir CVO
 

Dien die HERE met blydskap; kom voor Sy aangesig met gejubel.
Erken dat die HERE God is: Hy het ons gemaak, en ons is Syne,
Sy volk en die skape van Sy weide.
Psalm 100:2-3

 

Werfkaart

 

 

 

Tuis
Werfkaart
Visie en Missie
Aansoek en Keuring
Toelatingsbeleid
Gedragskode
Skoolreëls
Skoollied
Skoolwapen
Meer oor
Gebeure
Navrae
Kontak


Geskiedenis
Vakke
Koshuis
Buitemuurs
Galery
Oudleerlinge

 

TuisWerfkaartVisie en MissieAansoek en KeuringToelatingsbeleidGedragskodeSkoolreëlsSkoolliedSkoolwapenMeer oorGebeureNavraeKontak GeskiedenisVakkeKoshuisBuitemuursGaleryOudleerlinge

Privaatskool Amajuba vir CVO Nie Winsgewende Organisasie : NPO nr 153-306

ARK Web Design * ARK Webontwerp

ARK Webontwerp sedert 1998
ARK Web Design since 1998

arkpark.info

Kaleidoskoop

Voetspore

Swallow Software

Swallow Software

ADSA Advertensies

 ARK Web Design © 2023
ARK Webontwerp © 2023

Bekering
Bekering

Bybelteks

'n Christen…


Majuba Monument

De Camp Courant