TuisWerfkaartVisie en MissieAansoek en KeuringToelatingsbeleidGedragskodeSkoolreëlsSkoolliedSkoolwapenMeer oorGebeureNavraeKontak

 
Opgedateer: 2 Februarie 2023

    

 

 

Gedragskode: Privaatskool Amajuba

Ons as leerders van Privaatskool Amajuba besef dat ons skool 'n baie hoë gehalte van opvoeding handhaaf, en as ons daaruit wil voordeel trek, is daar 'n sekere bydrae wat ons, ons ouers en onderwysers moet lewer. Dit is nodig om 'n doelgerigte en gedissiplineerde omgewing vir doeltreffende onderwys en studie in die skool te skep en te bevorder, en ons onderwerp ons aan die volgende gedragskode.

Medeleerders: Ons, die leerders, in hierdie skool beskik oor sekere regte en ons respekteer dit. Ons sal ons regte so uitoefen dat ander leerders nie benadeel sal word nie.
   
Respek vir die onderwysers: Ons, die leerders, respekteer die onderwysers as opvoeders en as volwassenes en besef dat hulle opleiding, kennis en ervaring tot ons voordeel strek. Daarom sal ons hulle ons volle samewerking gee in die uitvoering van alle redelike opdragte wat ons ontvang en sal altyd hoflik en bedagsaam teenoor hulle optree.
   
Nie-onderwys personeel en besoekers: Ons besef dat die administratiewe personeel en ander werkers 'n baie belangrike bydrae lewer tot gladde verloop van die skoolorganisasie en daarom sal ons hulle met respek en agting behandel.
   
Respek vir skoolgeriewe: Ons, as leerders, respekteer die geboue en ander geriewe en toerusting wat vir ons beskikbaar gestel word. Daarom sal ons die geriewe oppas en help in stand hou.
   
Gehoorsaamheid aan organisatoriese- en gedragsreëls: 'n Skool kan nie sonder genoemde reëls funksioneer nie en gevolglik lê ons onsself daarby neer. Ons sal die tydrooster van die skool eerbiedig en stiptelik teenwoordig wees by die aanvang van die skooldag en elke periode waarby ons betrokke is. Ons aanvaar ook die gesag van die persone in beheer. Indien ons die skoolreëls oortree, onderwerp ons ons aan die toepaslike dissiplinêre maatreëls wat by die skool geld.
   
Buitemuurse bedrywighede: Ons aanvaar die vormingswaarde van sport, kulturele aktiwiteite, akademiese- en sosiale uitstappies en ons wil as aktiewe deelnemers of as ondersteuners betrokke wees. Ons aanvaar dat die skoolreëls ook hier geld en sal daarom die korrekte kleredrag volgens die voorkomsreëls aantrek.
   
Voorkoms: Ons besef die sin van eenvormige skooldrag en die bydrae daarvan tot die eenheid en identiteit van die skool. Daarom sal ons die skooldrag met trots dra en alle reëls in die verband nougeset nakom.
   
Akademiese aangeleenthede: Ons sal positief by die leergebeure in die klaskamer betrokke raak om optimaal by die onderwys te baat. Daarom sal ons daadwerklik aan alle klasaktiwiteite deelneem. Ons besef die waarde van huiswerk en sal dit getrou doen. Ons sal ons vir enige vorm van evaluering (klastoetse, eksamens ens.) behoorlik en pligsgetrou voorberei. Laastens sal ons eerlik tydens evaluering wees en keur ook oneerlikheid deur ander leerders af.
   
Ek is bewus van my verantwoordelikheid om 'n bydrae tot die ordelike verloop van gebeure by die skool te lewer. Daarom sal ek ten alle tye die belange van die skool voorop stel en deur my optrede daarna streef om die skool se naam hoog te hou en 'n ware ambassadeur vir die skool te wees.
 
Leerders en ouers of voogde sal versoek word om Privaatskool Amajuba se Gedragskode te onderteken.

 

Jesus antwoord hom: Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe;
niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
Johannes 14:6

 

Werfkaart

 
 

 

 

Tuis
Werfkaart
Visie en Missie
Aansoek en Keuring
Toelatingsbeleid
Gedragskode
Skoolreëls
Skoollied
Skoolwapen
Meer oor
Gebeure
Navrae
Kontak


 

TuisWerfkaartVisie en MissieAansoek en KeuringToelatingsbeleidGedragskodeSkoolreëlsSkoolliedSkoolwapenMeer oorGebeureNavraeKontak

Privaatskool Amajuba vir CVO Nie Winsgewende Organisasie : NPO nr 153-306

ARK Web Design * ARK Webontwerp

ARK Webontwerp sedert 1998
ARK Web Design since 1998

arkpark.info

Kaleidoskoop

Voetspore

Swallow Software

Swallow Software

ADSA Advertensies

 ARK Web Design © 2023
ARK Webontwerp © 2023

Bekering
Bekering

Bybelteks

'n Christen…


Majuba Monument

De Camp Courant