TuisWerfkaartVisie en MissieAansoek en KeuringToelatingsbeleidGedragskodeSkoolreëlsSkoolliedSkoolwapenMeer oorGebeureNavraeKontak

 
Opgedateer: 2 Februarie 2023

    

 

 

 

 

Toelatingsbeleid:
Privaatskool Amajuba vir CVO

 

 

Stuur U lig en U waarheid;
laat dié my lei; laat dié my bring na U heilige berg en na U woninge.
Psalm 43:3

 

 

 

 

1. Die Toelatingsbeleid van CVO-skole staan op twee grondbeginsels:

1.1 Die Christelik-Protestantse geloof (Calvinisties-Gereformeerd), gegrond op die Bybel uitgelê deur slegs die drie belydenisskrifte. (Drie Formuliere van Eenheid) te wete die Heidelbergse Kategismus, Nederlandse Geloofsbelydenis en die Dordtse Leerreëls.

1.2 Die uitleef van die Afrikanerkultuur, in besonder die kultuurbeskouing dat kultuur die gehoorsaamheid aan die Bybelse kultuuropdrag is en dat die Afrikaner se uitlewing daarvan onder andere vergestalt word in die Gelofte van Desember 1838 en die herbevestiging daarvan in Desember 1880.

2. Die implikasies van die toelatingsbeleid is dat:

2.1. Die skool slegs kinders toelaat wie se ouers die Christelik-Protestantse geloofsoortuiging soos verwoord in die Drie Formuliere van Eenheid as persoonlike geloofsoortuiging bely en uitleef en dat alle ouers wel verbondsouers is.

2.2 Die Doopbelofte as Verbondsgelofte ten volle deur verbondsouers nagekom sal word en dat die kinders dienooreenkomstig ook in die skool volgens die Calvinisties-Gereformeerde leer onderrig sal word, d.w.s. dat die onderwys daarvolgens ingerig sal word.

2.3 Die kind se reg tot moedertaalonderrig erken word en derhalwe sal die voertaal en onderrigtaal van die skool Afrikaans wees.

2.4 Die kultuurgeskiedenis van die Afrikaner as taal- en kultuurgroep gedenk en eerbiedig moet word.

2.4 Dat verbondsouers punte 2.1, 2.2 en 2.3 moet onderskryf en aktief bevorder.

2.5 Ouers punte 2.1, 2.2, 2.3 en 2.4 moet onderskryf en aktief bevorder.

2.6 Ouers gekeur en tot lede van die skoolvereniging toegelaat word op grond van voldoening aan die vereistes hierbo gemeld en slegs kinders van ouers wat as lede van die skoolvereniging toegelaat is, tot die skool toegelaat word. Hierdie lidmaatskap van die ouers aan die skoolvereniging geld slegs vir die duur van een akademiese jaar en alle ouers moet jaarliks weer heraansoek doen vir lidmaatskap.

2.7 Slegs kinders toegelaat word wat nie die dissipline en goeie orde van die skool sal ondermyn nie.

3. Verdere beleidsbepalings waaraan voldoen moet word is, dat:

3.1 Ouers die wettige bestuurs- en onderrigstrukture en kommunikasiekanale van die skool in terme van die skool se oprigtingsdokumente, aanvaar en te alle tye eerbiedig.

3.2 Ouers en kinders hulle onderwerp aan die skoolreëls en landswette.

3.3 Ouers alle finansiële verpligtinge soos deur die CVO-skool bepaal stiptelik sal nakom.

3.2 Dat slegs kinders van ouers wat as lede van die skoolvereniging toegelaat is tot die skool toegelaat word en verder onderhewig daaraan dat slegs kinders toegelaat word wat baat kan vind by die onderrig wat aan die betrokke skool aangebied word.

3.4 Ouers lede word van die BCVO.

3.5 Leerders Afrikaanse moedertaal-onderrig ontvang

3.6 Vier (4) kwartale met datums soos deur die BCVO voorsien - sover moontlik in lyn met openbare skole toegepas word.

3.7 Fooie betaal word aan die skool soos aangedui deur die skool

4. Aanstellingsvereistes vir onderwys- en administratiewe personeel.

Naas die vereiste akademiese en opvoedkundige kwalifikasies geld bogenoemde vereistes vir die toelating van ouers tot die skoolvereniging, mutatis mutandis vir die aanstelling van onderwys- en administratiewe personeel.

5. Definisie Bepalings

5.1 "Volkseie" dui hier op die omvattende kultuur van die Afrikaner, m.a.w sy ganse geestelike besitting insluitend die Afrikaanse taal.
5.2 "Ouers", omvat 'n verwysing na die kind se biologiese ouers, aanneemouers, grootouers, persone by wie die kind in pleegsorg is of enige persoon onder wie se direkte beheer en toesig die kind geplaas is en wie deur die bestuur van die skoolvereniging gekeur en bevind word aan die beginsels voldoen en geag word die ouer van die kind te wees.
5.3 "Verbondsouers" is gelowige ouers wie se kinders gedoop is as teken daarvan dat hulle as verbondskinders ook in God se Genadeverbond ingesluit is.
5.4 "Skoolvereniging" verwys afhangend van die bepaalde skool se gekose bestuursvorm, na die artikel 21-Maatskappy, Beslote Korporasie, Trust, Gemeenregtelike Vereniging of enige ander regsentiteit, van watter aard ookal, wat die betrokke CVO-skool bedryf.
5.5 "CVO-Skool" verwys na 'n Christelik-Volkseie Onderwys Skool wat die beginsels van die toelatingsbeleid soos hierbo uiteengesit streng toepas.
5.6 "BCVO" verwys na die Beweging vir Christelik-Volkseie Onderwys wat as 'n Artikel 21-Maatskappy bedryf word.
 

Werfkaart

 

 

 

Tuis
Werfkaart
Visie en Missie
Aansoek en Keuring
Toelatingsbeleid
Gedragskode
Skoolreëls
Skoollied
Skoolwapen
Meer oor
Gebeure
Navrae
Kontak


 

TuisWerfkaartVisie en MissieAansoek en KeuringToelatingsbeleidGedragskodeSkoolreëlsSkoolliedSkoolwapenMeer oorGebeureNavraeKontak

Privaatskool Amajuba vir CVO Nie Winsgewende Organisasie : NPO nr 153-306

ARK Web Design * ARK Webontwerp

ARK Webontwerp sedert 1998
ARK Web Design since 1998

arkpark.info

Kaleidoskoop

Voetspore

Swallow Software

Swallow Software

ADSA Advertensies

 ARK Web Design © 2023
ARK Webontwerp © 2023

Bekering
Bekering

Bybelteks

'n Christen…


Majuba Monument

De Camp Courant