TuisOpGeskiedenisVakkeKoshuisBuitemuursGaleryOudleerlinge

 
Opgedateer: 2 Februarie 2023

    

 

 


Buitemuurse Aktiwiteite by Privaatskool Amajuba vir CVO

Benewens die hoë gehalte akademiese verrigtinge wat die skool handhaaf, is daar ook 'n veelsydige aantal sport- en kultuurbedrywighede. Die buitemuurse aktiwiteite dra by dat leerlinge afgeronde en nuttige opvoeding kry, wat hulle voorberei vir die toekoms as bydraende volwassenes en goeie leiers.

Nog heerlike verrigtinge wat die skool dus aanbied om daardie doel te bereik is:

Bybelkennis eksamen
Bybelvasvra
Uitkamp by Majubafees
Avontuuruitstappies
Daguitstappies
Opvoedkundige toere
Algemene kennis toetse
Wiskunde Olimpiades
Drama
Koor
Kunsklas
Swem
Drama en Konserte
Kultuuraand
Talentaand
Pik en proe aand
Redenaars kompetisies
Beeldende Kunswedstryd
Deelname aan Kultuurfees
Spraakkoor
Skaak
Kunswedstryd
Koekbakkompetisies
Atletiek
Landloop
Perdry
Rugby
Konserte
Netbal
Hokkie
Gimnastiek
Teken
Musiek
Volkspele
Veldskool

Veldskool: Gr 6 leerlinge woon jaarliks 'n leierskamp by en die Gr 7's veldskool, en dit vind elke jaar by verskillende plekke plaas. Heerlike pret vir almal wat dit bywoon!

 

Die doelwit met die Buitemuurse bedrywighede is:

   
Om die Christelike beginsels deur woord en daad op Sportgebied uit te lewe.
Om toe te sien dat 'n gesonde balans tussen liggaam en gees gehandhaaf word.
Binne die BCVO beklee die akademie die toonaangewende plek en word sport beskou as 'n bykomende deel van die opvoeding van ons kinders.

Sport - Skoolprogram

Almal oefen die betrokke kwartaal se sport gedurende die skool sportperiodes.
Alle leerlinge vanaf Gr.0 mag inskryf om aan die byeenkomste deel te neem.
Ons maak van saamrygeleenthede gebruik en dus kan alle leerlinge deelneem, selfs waar ouers dalk moet werk en nie kan saamgaan nie.
Ouers word aangemoedig om betrokke te raak en met afrigting te help gedurende sportperiodes. Verdere afrigting en oefeninge word deur elke ouer self georganiseer.


1 ste Kwartaal - Atletiek

  • Die BCVO poog om vroeg elke jaar 'n afrigtingskliniek te organiseer.

  • Huissport (gewoonlik Volksrust, Standerton, Bethal, Ermelo, Carolina, Middelburg)

  • Suid-Oos Transvaal Kampioenskappe (Volksrust, Standerton, Bethal, Ermelo, Carolina, Middelburg)

Na hierdie byeenkoms gaan die eerste 3 of 4, afhangende van die item, deur na Oos-Transvaal Kampioenskappe

  • Oos-Transvaal Kampioenskappe
    (Volksrust, Standerton, Bethal, Ermelo, Carolina, Middelburg, Groblersdal, Marble Hall, Lydenburg, Nylstroom, Waterval Burgersfort)

Na hierdie byeenkoms gaan die eerste 3 of 4, afhangende van die item, deur na SA Nasionale Kampioenskappe, onderhewig aan ASA punte verwerf.

2de Kwartaal - Rugby en Netbal

Plaaslik poog ons om vriendskaplike wedstryde teen Memel te speel, en oefening is gedurende sportperiodes.

  • Afrigtingsklinieke en proewe van hoogstaande gehalte word te Groblersdal en Marble Hall gehou.

  • Deelname aan die winterspele.
    Spanne word uit die ondergenoemde skole verkies om teen die ander Provinsies deel te neem. (Volksrust, Standerton, Bethal, Ermelo, Carolina, Middelburg, Groblersdal, Marble Hall, Lydenburg, Nylstroom, Waterval Burgersfort)

  • Leerlinge het die geleentheid om ook vir die Bokkiekampioenskappe verkies te word.

3de Kwartaal - Krieket en Hokkie

  • BCVO Sportraad poog om ook afrigtingsklinieke te hou waar afrigters en skeidsregters opgelei word.

  • Plaaslik poog ons om vriendskaplike wedstryde teen Memel te speel, en oefening is gedurende sportperiodes.

  • Afrigtingsklinieke en proewe van hoogstaande gehalte word te Groblersdal en Marble Hall gehou.

  • Spanne word uit die ondergenoemde skole verkies om teen die ander Provinsies deel te neem.
    (Volksrust, Standerton, Bethal, Ermelo, Carolina, Middelburg, Groblersdal, Marble Hall, Lydenburg, Waterval Burgersfort)

  • Leerlinge het die geleentheid om ook vir die Bokkiekampioenskappe verkies te word.

3de Kwartaal -Kultuurdeelname

Alle leerlinge vanaf Gr. 0 mag inskryf om deel te neem.

  • Beeldende kuns en Bybelprojekte

  • Kunstefees - Voordrag formeel en gedramatiseer, musiek en sang, voorbereide en onvoorbereide lees, samespraak, drama, ens. asook redenaars deelname.

4de Kwartaal - Tennis, Landloop, Skaak

  • Spanne word uit die ondergenoemde skole verkies om teen die ander Provinsies deel te neem.
    (Volksrust, Standerton, Bethal, Ermelo, Carolina, Middelburg, Groblersdal, Marble Hall, Lydenburg, Nylstroom, Waterval Burgersfort)

  • Leerlinge het die geleentheid om ook vir die Nasionale SA Kampioenskappe verkies te word.

Kyk by Vakke vir meer inligting oor die Akademiese bedrywighede by Privaatskool Amajuba vir CVO.

Hoeveel beter is dit om wysheid te verkry as goud,
en verkiesliker om verstand te verwerf as silwer.
Spreuke 16:16

Werfkaart

 

 

 

Tuis
Op
Geskiedenis
Vakke
Koshuis
Buitemuurs
Galery
Oudleerlinge


 

TuisOpGeskiedenisVakkeKoshuisBuitemuursGaleryOudleerlinge

Privaatskool Amajuba vir CVO Nie Winsgewende Organisasie : NPO nr 153-306

ARK Web Design * ARK Webontwerp

ARK Webontwerp sedert 1998
ARK Web Design since 1998

arkpark.info

Kaleidoskoop

Voetspore

Swallow Software

Swallow Software

ADSA Advertensies

 ARK Web Design © 2023
ARK Webontwerp © 2023

Bekering
Bekering

Bybelteks

'n Christen…


Majuba Monument

De Camp Courant