TuisOpGeskiedenisVakkeKoshuisBuitemuursGaleryOudleerlinge

 
Opgedateer: 2 Februarie 2023

    

 

 

Geskiedenis van Privaatskool Amajuba vir CVO

 Bekendstelling en geskiedenis van ons skool

Op 5 November 1996 is die Privaatskool Amajuba amptelik as skool geregistreer.

Privaatskool Amajuba het sy ontstaan in 1996 gehad met 'n aanvangsleerlingtal van 5 pragtige kinders.

Van die beginjare af was die AP Kerk deel met die stigting en word die skool vanaf die Hervormde Kerk se terrein bedryf.

Privaatskool Amajuba vier gedurende 2017 hulle 21ste bestaansjaar met 'n mooi leerlingtal van 26 leerlinge vanaf Gr. O-7, asook 12 hoogs bekwame geregistreerde permanente personeel.

Die skool bied gehalte-onderrig met persoonlike aandag deur 'n professionele korps van toegewyde personeel. Die skool bied onderrig vir Junior Primêre- en Junior Sekondêre leerlinge, Gr. 1 tot 7.

Die norm vir klasgrootte is maksimum 10 leerlinge. Die getal leerlinge teenoor onderwysers dui duidelik die skool se hoofdoel van individuele, Christelike, Afrikaanse onderrig.

Om balans te handhaaf en leerlinge op alle vlakke te ontwikkel, word deelname aan atletiek, rugby, netbal, krieket, hokkie, landloop, skaak, kultuurdeelname wat insluit beeldende kunste, prosa, poësie, en so meer aangemoedig.

Vir meer inligting oor Privaatskool Amajuba se bedrywighede kyk by:

Privaatskool Amajuba word as Nie-winsgewende organisasie bedryf en deur ouers bestuur.



In die 21 jaar vestig die skool ryk tradisies en neem leiding op akademiese, sport- en kultuurgebiede. Die skool word 'n baken wat 'n aktiewe rol in die gemeenskap speel. Gemeet aan die besondere aantal presteerders (Sien Oudleerlinge)wat uit Privaatskool Amajuba kom, styg die skool uit as 'n uitsonderlike opvoedkundige inrigting. Verskeie faktore speel 'n rol in hierdie suksesverhaal:

die uitnemende bestuurstyl van die bestuurskorps
die pragtige samewerking van ouers
die uitstekende kwaliteit van ons toegewyde personeelkorps
die deursettingsvermoë van ons leerlinge

Die mooi die sukses van die verlede laat ons met geloof uitsien na die toekoms.

Wat 'n voorreg om ons kinders nog te mag opvoed in ons eie geloof, kultuur en moedertaal, naamlik Afrikaans.

 

Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester,
spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie,
om julle 'n hoopvolle toekoms te gee.
Jeremia 29:11

 

Werfkaart

 

 

 

Tuis
Op
Geskiedenis
Vakke
Koshuis
Buitemuurs
Galery
Oudleerlinge


 

TuisOpGeskiedenisVakkeKoshuisBuitemuursGaleryOudleerlinge

Privaatskool Amajuba vir CVO Nie Winsgewende Organisasie : NPO nr 153-306

ARK Web Design * ARK Webontwerp

ARK Webontwerp sedert 1998
ARK Web Design since 1998

arkpark.info

Kaleidoskoop

Voetspore

Swallow Software

Swallow Software

ADSA Advertensies

 ARK Web Design © 2023
ARK Webontwerp © 2023

Bekering
Bekering

Bybelteks

'n Christen…


Majuba Monument

De Camp Courant