Privaatskool Amajuba streef in die proses daarna om: |
|
|
Onderrig, wat gebaseer is op die Christelike Gereformeerde geloofsleer en die Afrikanerkultuur, in Afrikaans as moedertaal te lewer. |
|
|
'n Bekostigbare, uitnemende onderrigdiens, gebaseer op hoë standaarde deur goed gekwalifiseerde, ervare en lojale onderwysers, daar te stel. |
|
|
'n Ondersteuningsdiens aan leerlinge te lewer en by te dra tot leerlinge se ontwikkeling tot gebalanseerde volwassenes. |
|
|
Deur middel van deurlopende evaluering, deurgaans 'n hoë standaard van onderrig te handhaaf wat sal voldoen aan die vereistes, soos deur die Sertifiserings- en akkrediteringsliggaam gestel word. |
|
|
'n Effektiewe bestuur- en administratiewe stelsel daar te stel. |
|
|
Soveel geleenthede moontlik, op verskillende gebiede, aan leerlinge te bied. |
|
|
Te alle tye professioneel en met hoë integriteit op te tree. |
|
En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees
―dit is die woord van God―
Efésiërs 6:17 |
|
|