Privaatskool Amajuba vir CVO
Positiewe
Insidenteregister
Laat niemand jou jonkheid verag nie, maar wees 'n voorbeeld vir die gelowiges in woord, in wandel, in liefde, in gees, in geloof, in reinheid.
1 Timótheüs 4:12
Positiewe Insidenteregister
Die doel van die register is om aan opvoeders die geleentheid te bied om positiewe eienskappe van leerders aan te prys en aan te moedig.
Toepassing
Indien 'n leerder positiewe gedrag openbaar of iets positief doen, word dit in die register aangeteken. Leerders se ouer(s) word in kennis
gestel van die positiwiteit van hul kinders.
Voorbeelde van positiewe gedrag |
|
|
Onder positiewe gedrag word onder andere die volgende verstaan:
|
|
|
|
<<<<<< Werk van hoogstaande gehalte;
|
|
|
|
<<<<<< Die verrigting van addisionele werk;
|
|
|
|
<<<<<< Verrigting van diens;
|
|
|
|
<<<<<< Openbaring van deursettingsvermoë; bv. 5% verbetering in toets;
|
|
|
|
<<<<<< Leierskap;
|
|
|
|
<<<<<< Inisiatief.
|
|
|
Hierdie lys moet nie as volledig beskou word nie. Ons poog hier om goeie WAARDES aan te moedig en kinders met karakter te
kweek.
Leerlinge word beloon na 'n vol gesiggie-bladsy. Aan die einde van die jaar word 'n prys toegeken aan die junior- en senior- leerling wat die meeste gesiggies gedurende die jaar versamel het.
|