TuisOpAlgemene ReëlsDissiplinêre BeleidRiglyne vir OuersSkooldragSkoolorganisasieSkoolure

 
Opgedateer: 2 Februarie 2023

    

 

 

Privaatskool Amajuba vir CVO:
Reëls en Riglyne vir Ouers

Goeie Pappa leer sy kind

Dit is die ouer se verantwoordelikheid om die skool in
die volgende sake te ondersteun:

  • U moet asseblief toesien dat leerlinge soggens betyds by die skool opdaag vir Wyding. Ouers moet asseblief die skool kontak om verskoning te maak.

  • Lei u kind tot gehoorsaamheid, dissipline en selfdissipline. Die skool ondersteun ouers hierin en moedig hierdie goeie gedrag aan.

  • Kweek 'n positiewe gesindheid by u kind, ten opsigte van skoolwerk.

  • Kweek 'n gees van lojaliteit ten opsigte van die skool, leerkragte en maats by u kind.

  • Wanneer dit om sensitiewe sake gaan, moet ouers daarteen waak om onderwyseres en ander persone in gesagsposisie, in die teenwoordigheid van hul kinders, te bespreek.

  • Wees 'n voorbeeld vir u kind wanneer dit kom by taalgebruik, maniere, taalsuiwerheid, optrede teenoor meerderes en sosiale gebruike.

  • Sien asseblief toe dat u kind in die oggende, skoon en netjies by die skool aankom. Sorg asseblief dat knope en some vasgewerk is.

  • Indien leerlinge toestemming kry om in privaat klere skool toe te kom, moet hulle kleredrag steeds 'n beeld van sindelikheid vertoon. Geen slagspreuke van enige aard mag vertoon word nie.

Ouerbetrokkenheid

Met elke leerling se inskrywing by die skool word ouers gesien as aandeelhouers en verdien dividende in die vorm van kwaliteit onderrig, leerlinge wat as individue ontwikkel word op alle terreine, asook kameraadskap en ondersteuning van mede ouers en onderwys personeel.

Onderrig word in vennootskap met ouers gedoen deurdat ouers aangemoedig word om die leerlinge se skrifte gereeld na te gaan en met personeel te kommunikeer indien nodig. Onderrigpersoneel volg deurlopend op met ouers en gereelde kommunikasie word aangemoedig om sodoende hulp te verleen.

Beheerliggaam:
Bestaan uit die Skoolhoof, Voorsitter, Onder-voorsitter, Tesourie en ouers tot 'n maksimum van 8 persone wat jaarliks verkies word. Portefeuljes, soos gevul deur die komitee, is as volg: Skoolsake, Sport, Kultuur, Instandhouding, Veiligheid, Finansies, Fondsinsamelings en Bemarking.

Klasverteenwoordigers:
Ouers, soos verkies uit die klasgroep wat nie op die Beheerliggaam dien nie, reël in oorleg met die ander ouers, personeel en Skoolhoof, verkopings en funksies wat aangebied word.

 

Algemene reëls
 
Skoolorganisasie
 
Dissiplinêre Beleid
 
Skooldrag
 

O, Hoe groot is U goedheid wat U weggelê het
 vir die wat U vrees, wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil,
in teenwoordigheid van die mensekinders!
Psalm 31:20

 

Werfkaart

 

 

 

Tuis
Op
Algemene Reëls
Dissiplinêre Beleid
Riglyne vir Ouers
Skooldrag
Skoolorganisasie
Skoolure


 

TuisOpAlgemene ReëlsDissiplinêre BeleidRiglyne vir OuersSkooldragSkoolorganisasieSkoolure

Privaatskool Amajuba vir CVO Nie Winsgewende Organisasie : NPO nr 153-306

ARK Web Design * ARK Webontwerp

ARK Webontwerp sedert 1998
ARK Web Design since 1998

arkpark.info

Kaleidoskoop

Voetspore

Swallow Software

Swallow Software

ADSA Advertensies

 ARK Web Design © 2023
ARK Webontwerp © 2023

Bekering
Bekering

Bybelteks

'n Christen…


Majuba Monument

De Camp Courant