TuisOpAlgemene ReëlsDissiplinêre BeleidRiglyne vir OuersSkooldragSkoolorganisasieSkoolure

 
Opgedateer: 2 Februarie 2023

    

 

 

Privaatskool Amajuba vir CVO: Skooldrag

Skool- en sportdrag

Privaatskool Amajuba poog om bekostigbare klere daar te stel. Alle nuwe klere soos die warm baadjies en dogters rompe, asook drag vir die kleuters word by die skool kantoor bestel en betaal.

Algemene items soos wit hemde en grys broeke kan by enige klerewinkel van die ouer se keuse aangekoop word.

Klerewinkel

Dogtersrompe en warm winterbaadjies, asook sportdrag word by die kantoor bestel.

Ouers word aangemoedig om alle tweedehandse klere terug te bring skool toe, waar ouers dit kosteloos kan uitruil.

ALLE KLERE MOET ASSEBLIEF DUIDELIK GEMERK WEES!

Meisiesskooldrag
   
Kleredrag
  • Geruite skoolromp met wit hemp.
  • Wit kouse en swart skoolskoene.
  • Swart sykouse/gebreide broekiekouse en swart skoolskoene.
  • Grys langbroek, wit hemp met wit kouse en swart skoolskoene.
  • Bottelgroen skooltrui met wit strepe by die kraag/moulose trui.
  • Dik winterbaadjie (sweetpakbaadjie) met die skoolwapen.
  • Formele baadjie met wapen (saam met skooldas, skoolskoene en kouse gedra).
 
Juwele
  • Slegs gewone horlosies (nie selfoonhorlosies nie), seëlringe en goue of silwer oorringetjies of –knopies (geen gekleurde steentjies) mag gedra word.
 
Voorkoms
  • Hare wat oor die kraag hang moet vasgemaak wees en te alle tye netjies en uit die gesig wees.
  • Swart/bottelgroen/rooi en wit rekkies/linte/haarbande is toelaatbaar.
  • Geen tatoeëermerke, jel of kleur van hare word toegelaat nie.
  • Naels moet te alle tye kort gesny en skoon wees. Geen naellak nie.
  • Grimering van enige aard is ontoelaatbaar.
 
Sportdrag
  • Groen frokkie/sporthempie en groen of blou broekie/rompie
  • Vlootblou kortbroek en rooi hempie (slegs vir rugbyoefeninge en -wedstryde).
  • Skoolsweetpak (nie verpligtend)
  • Leerlinge wat Nasionale/provinsiale kleure verwerf het, mag dit op 'n Vrydag dra. (volledige sweetpak met tekkies OF sweetpakbaadjie en grys langbroek met skoolskoene). Dit word saam met die wit skoolhemp gedra.
  • Slegs die voorgeskrewe sportdrag word aangetrek vir sportperiodes op Vrydae. Geen bont kleredrag is toelaatbaar nie.
Seunsskooldrag
   
Kleredrag
  • Grys lang- of kortbroek met wit hemp.
  • Grys kouse en swart skoolskoene (verpligtend saam met langbroek)
  • Bottelgroen skooltrui met wit strepe by kraag/ moulose trui.
  • Dik winterbaadjie (sweetpakbaadjie) met skoolwapen.
  • Formele baadjie met wapen. (word saam met skooldas, skoolskoene en kouse gedra)
   
Juwele
  • Geen juwele, behalwe gewone horlosies, word toegelaat nie. (Geen selfoonhorlosies nie)
 
Voorkoms
  • Hare moet kort gesny wees.
  • Geen tatoeëermerke, jel of kleur van hare of enige versiering word toegelaat nie.
  • Naels moet te alle tye kort gesny en skoon wees.

 

Sportdrag
   
  • Groen frokkie/sporthempie en groen of blou broekie/rompie
  • Vlootblou kortbroek en rooi hempie (slegs vir rugbyoefeninge en -wedstryde).
  • Skoolsweetpak (nie verpligtend)
  • Leerlinge wat Nasionale/ provinsiale kleure verwerf het, mag dit op 'n Vrydag dra. (volledige sweetpak met tekkies OF sweetpakbaadjie en grys langbroek met skoolskoene). Dit word saam met die wit skoolhemp gedra.
  • Slegs die voorgeskrewe sportdrag word aangetrek vir sportperiodes op Vrydae. Geen bont kleredrag is toelaatbaar nie.
 
Besoek die Galery om te sien hoe die skooldrag lyk.
 
Algemene reëls
 
Riglyne vir ouers
 
Dissiplinêre Beleid
 

 

Kyk ook in Amajuba-Verkenning vir mooi foto's om te sien hoe die sportdrag lyk

 
 

En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk,
vir hulle wat na sy voorneme geroep is.
Romeine 8:28

Werfkaart

 

 

 

Tuis
Op
Algemene Reëls
Dissiplinêre Beleid
Riglyne vir Ouers
Skooldrag
Skoolorganisasie
Skoolure


 

TuisOpAlgemene ReëlsDissiplinêre BeleidRiglyne vir OuersSkooldragSkoolorganisasieSkoolure

Privaatskool Amajuba vir CVO Nie Winsgewende Organisasie : NPO nr 153-306

ARK Web Design * ARK Webontwerp

ARK Webontwerp sedert 1998
ARK Web Design since 1998

arkpark.info

Kaleidoskoop

Voetspore

Swallow Software

Swallow Software

ADSA Advertensies

 ARK Web Design © 2023
ARK Webontwerp © 2023

Bekering
Bekering

Bybelteks

'n Christen…


Majuba Monument

De Camp Courant