TuisOpAlgemene ReëlsDissiplinêre BeleidRiglyne vir OuersSkooldragSkoolorganisasieSkoolure

 
Opgedateer: 2 Februarie 2023

    

 

 

Privaatskool Amajuba vir CVO: Skoolorganisasie

Algemene Skoolorganisasie en Reëls

1. Aanvang van skooldag
   
Leerlinge moet betyds opdaag vir skool. Skool begin daagliks om 07:20.
   
Wanneer klok lui by aanvang van skooldag tree leerlinge aan by die syingang (by die kombuis).
   
Gr 0-7 leerders word aan die linkerkant van die skool, so na as moontlik aan die paadjie om te voorkom dat grasperke vertrap word, afgelaai. Onnodige beweging deur leerlinge oor die inrypad moet vermy word.
   
Tasse word netjies op die stoep voor die kombuis neergesit.
   
Geen leerling mag voor skool en tydens pouses in klaskamers en die skoolgebou wees sonder onderwysers se toestemming nie. Op koue of nat dae sal personeel eie diskresie gebruik om leerlinge vroeër in te laat by die skoolgebou
   
2. Klaswisseling
   
Moet vinnig, ordelik en stil plaasvind.
   
Klaskamers word ordelik binnegegaan.
   
Klaskamers word in 'n netjiese toestand gelos.
   
3. Klasdissipline
   
Daar mag nie in klasse geëet of gedrink word nie.
   
Geen krap of skryf op banke nie.
   
Personeel en mede-leerlinge moet met respek behandel word.
   
Boeke moet volgens die rooster ingepak word.
   
Huiswerkboekie moet elke dag by die skool wees, sodat huiswerk getrou aangeteken kan word. Ouers moet daagliks by die huiswerk teken.
   
Leerlinge mag nie die klaskamer sonder toestemming verlaat nie.
   
Geen speelgoed word toegelaat nie.
   
4. Afwesighede
   
Moet tot die uiterste minimum beperk word.
   
In die geval van siekte moet die klasonderwyser in kennis gestel word.
   
Vir meer as twee dae moet 'n doktersertifikaat gelewer word.
   
In ander gevalle moet die Skoolhoof deur die ouer of voog in kennis gestel word.
   
5. Verlaat van skoolterrein tydens skoolure
   
Toestemming moet by die Hoof of sy/haar gevolmagtigde verkry word om die terrein gedurende skoolure te verlaat.
   
Die persoon wat die leerder kom haal, moet die uittekenregister (in die kantoor) voltooi.
   
Doktersafsprake moet verkieslik buite skoolure nagekom word.
   
6. Skooltasse
   
Stewige, versterkte tasse of rugsakke is nodig om boeke te beskerm.
   
Tasse en sportsakke moet op die voorgeskrewe plekke neergesit word.
   
Sport- of nasorgklere moet in 'n aparte sportsak en nie in die skooltas gesit word nie.
   
Dit is verbode om in ander leerders se tasse te krap of dit weg te steek.
   
7. Handboeke
   
Handboeke bly die eiendom van die skool. Verlore en vernielde handboeke sal deur die leerling vervang word. Alle handboeke en skrifte moet te alle tye netjies met plastiek oorgetrek word.
   
8. Selfone
   
Leerlinge word nie toegelaat om selfone op die skoolterrein te hê nie. Dringende oproepe kan by die kantoor gemaak word. Indien 'n skriftelike, spesiale reëling getref is, moet die selfoon by 'n personeellid ingehandig word.
   
9. Kougom
   
Die kou van kougom word nie op die skoolterrein toegelaat nie.
   
10. Pouses
   
Leerlinge speel slegs op die aangeduide plekke (nie by personeelvoertuie nie)
   
Kleedkamers word tydens pouses besoek.
   
11. Skoolterrein
   
  Die volgende is ontoelaatbaar:
Om met verbygangers in die straat te praat of kontak te maak.
   
Die strooi van rommel.
   
Die beskadiging van bome, plante, geboue en omheinings.
   
Om op die stoepe of binne die skoolgebou te hardloop.
   
Gevaarlike speletjies of om op mekaar te spring.
   
Om die skoolgebou met sand- of modderbesmeerde lywe of voete te betree.
   
Fietse mag slegs gestoot word op die skoolterrein.
   
12. Kleedkamers
   
Kleedkamers moet te alle tye netjies en skoon gelaat word nadat dit gebruik is.
   
Dit is nie toelaatbaar om in die kleedkamers te eet, speel, hardloop of saam te drom nie.
   
Water en toiletpapier moet spaarsamig gebruik word.
   
Leerlinge besoek die kleedkamers alleen.
   
13. Algemene gedrag
   
Leerlinge moet deur hul optrede in die skool en buite die skool die goeie beeld van die skool bevorder.
   
Geen leuens, skel- of vuiltaal, wys van tekens of onbeskoftheid sal geduld word nie.
   
Enige vorm van boeliegedrag is ontoelaatbaar.
   
14. Sportbyeenkomste
   
Leerlinge moet in die korrekte, goedgekeurde sportdrag deelneem.
   
Daar word gestreef na goeie sportmanskap. Bakleiery en snedige kommentaar teenoor skeidsregters, beamptes en opponente word nie toegelaat nie.
   
15. Skakeling met Skoolhoof en Personeel
   
Privaatskool Amajuba het 'n oopdeurbeleid. Dit moet egter te alle tye in ag geneem word dat die onderrigprogram nie onderbreek of gesteur mag word nie.
   
Die nodige afspraak moet asseblief gemaak word indien u iets met die Skoolhoof of opvoeder wil bespreek.
 
   
Ouers moet eers by die kantoor aanmeld waarna die onderwyser of Hoof geroep sal word. (Sien ook Verlaat van skoolterrein tydens skoolure )
   

 

Algemene reëls
 
Riglyne vir ouers
 
Dissiplinêre Beleid
 
Skooldrag
 

Die hele inhoud van U Woord is waarheid,
en al U regverdige verordeninge is tot in ewigheid.
Psalm 119:160

 

Werfkaart

 

 

 

Tuis
Op
Algemene Reëls
Dissiplinêre Beleid
Riglyne vir Ouers
Skooldrag
Skoolorganisasie
Skoolure


 

TuisOpAlgemene ReëlsDissiplinêre BeleidRiglyne vir OuersSkooldragSkoolorganisasieSkoolure

Privaatskool Amajuba vir CVO Nie Winsgewende Organisasie : NPO nr 153-306

ARK Web Design * ARK Webontwerp

ARK Webontwerp sedert 1998
ARK Web Design since 1998

arkpark.info

Kaleidoskoop

Voetspore

Swallow Software

Swallow Software

ADSA Advertensies

 ARK Web Design © 2023
ARK Webontwerp © 2023

Bekering
Bekering

Bybelteks

'n Christen…


Majuba Monument

De Camp Courant