TuisOpAlgemene ReëlsDissiplinêre BeleidRiglyne vir OuersSkooldragSkoolorganisasieSkoolure

 
Opgedateer: 2 Februarie 2023

    

 

 

Privaatskool Amajuba vir CVO:
Algemene Reëls

  1. Die naam van God Drie-enig of, enige ander vorm van Sy Naam, mag onder geen omstandighede ydellik gebruik word nie.

  2. Geen leerstelling wat in stryd is met die Calvinisties Protestants Gereformeerde leer sal hoegenaamd in die skool toegelaat word nie.

  3. Wanneer die klok aan die begin van die dag of aan die einde van pouse lui, moet leerlinge dadelik in hulle rye inval.

  4. Versoek om terreinverlating moet skriftelik geskied.

  5. Met afhaal van die kind, meld die ouer by die kantoor aan; waarop die sekretaresse (of skoolhoof) die kind sal gaan haal. Kinders wag nie buite die klas nie. Ouers gaan geensins direk na die klas nie. In geval van 'n onverwagte situasie/siekte/krisis, meld ouer steeds by die kantoor aan.

  6. Geen leerling mag die amptelike telefoon van die skool sonder toestemming en sonder die toesig van die skoolhoof of sy/haar gemagtigde gebruik nie.

  7. Leerlinge mag nie rook nie.

  8. Alkohol, of enige ander vorm van dwelmmiddels mag nie deur enige leerling van hierdie skool gebruik word nie.

  9. Geen leerlinge mag pouses in die klasse wees nie.

  10. Geen leerlinge mag pouses in die personeelkamer wees nie. Daar is 'n persoon buite wat aan diens is wat dringende sake sal hanteer.

  11. Geen besoekers vir of gaste van leerlinge sal toegelaat word nie. Besoekers, insluitende ouers, mag geensins gedurende skoolure oor die skoolgronde, of tussen of na die klasse beweeg nie. Dit steur die onderrigproses onnodig. Indien ouers 'n onderwyser wil spreek, word dit via die skoolhoof gedoen. Indien dit 'n privaat-aangeleentheid is, d.w.s. nie betrekking op skoolwerk of ander skoolaktiwiteit het nie, moet ouers nogtans eers by die kantoor aanmeld; waarop óf die hoof óf sekretaresse die betrokke onderwyser sal gaan roep; meestal aan die einde van die periode - alhoewel in geval van dringendheid, dit dadelik sal geskied.

  12. Die skoolreëls van hierdie skool is van toepassing op alle leerlinge tydens skoolure, of wanneer leerlinge in skooldrag geklee is, of wanneer leerlinge as 'n groep na skoolure, beweeg.

Skoolorganisasie
 
Riglyne vir ouers
 
Dissiplinêre Beleid
 
Skooldrag
 

Laat liefde en trou jou nie verlaat nie; bind dit om jou hals,
skryf dit op die tafel van jou hart,
Spreuke 3:3

 

Werfkaart

 

 

 

Tuis
Op
Algemene Reëls
Dissiplinêre Beleid
Riglyne vir Ouers
Skooldrag
Skoolorganisasie
Skoolure


 

TuisOpAlgemene ReëlsDissiplinêre BeleidRiglyne vir OuersSkooldragSkoolorganisasieSkoolure

Privaatskool Amajuba vir CVO Nie Winsgewende Organisasie : NPO nr 153-306

ARK Web Design * ARK Webontwerp

ARK Webontwerp sedert 1998
ARK Web Design since 1998

arkpark.info

Kaleidoskoop

Voetspore

Swallow Software

Swallow Software

ADSA Advertensies

 ARK Web Design © 2023
ARK Webontwerp © 2023

Bekering
Bekering

Bybelteks

'n Christen…


Majuba Monument

De Camp Courant