TuisOp

 
Opgedateer: 2 Februarie 2023

    

 

 

Privaatskool Amajuba vir CVO

Aansoekvorm

1. Aansoek
Aansoekvorms vir Privaatskool Amajuba vir CVO, is by die skoolkantoor beskikbaar. Die onderstaande inligting word voorsien vir voornemende ouers wat graag wil sien watter inligting vir die aansoekvorm benodig word.

Die gesinshoof of wettige voog voltooi 'n afsonderlike vorm vir elke leerling
   
'n Oorplasingskaart of laaste rapport van die vorige skool, asook 'n afskrif van die leerling se geboortesertifikaat, moet daarby aangeheg word.
   
Voornemende ouers moet 'n toelatingsgesprek bywoon waar die skool se toelatingsbeleid, roeping en strewe met ouers bespreek sal word, alvorens toelating bevestig word.

Lees ook meer oor:

Keuring
Toelating
Inskakeling
Hertoelating
Fooie

 

 

Privaatskool Amajuba vir CVO

Aansoek om toelating van leerling vir die jaar ____________
   

Naam van skool: Privaatskool Amajuba vir CVO

   
1. Besonderhede van ouer of voog
    Vader Moeder
  Titel:    
  Van:    
  Volle name:    
  Noemnaam:    
  Identiteitsnommer:    
  Huistaal:    
  Kerkverband:    
  Gemeentenaam:    
  Burgerskap:    
  Beroep:    
  Werkgewer se adres:    
  Huisadres:    
  Posadres:    
  Eposadres:    
  Telefoon (Werk)    
  Telefoon (Huis)    
  Selfoonnommer:    
  Faksnommer:    
  Huistaal:    

2. Besonderhede van Leerling Manlik Vroulik
     
  Van:  
  Volle name:  
  Noemnaam:  
  Geboortedatum:  
  Identiteitsnommer:  
  Graad waarin leerling opgeneem moet word:  
  Naam van vorige skool:  
  Datum waarop vorige skool verlaat is:  
  Kerkverband:  
  Huistaal:  
  Burgerskap:  
  Mediese inligting:
(Bv. allergieë, epilepsie ens.
Heg mediese verslae aan.
 
  SIELKUNDIGE INLIGTING:
(Bv. Disleksie, Tourette-sindroom)
Heg mediese verslae aan.
 


 

3. Finansiële onderneming:
 
  Ek, die ondergetekende (volle name):
  Onderneem om:
3.1 Alle toetreegelde soos deur die skool bepaal, onmiddellik te vereffen:
Alle toetreegelde soos deur die skool bepaal, soos volg te vereffen:
       
  Die skoolgeld, soos van tyd tot tyd deur die skool bepaal, stiptelik vooruit te betaal voor of op die 5de (vyfde dag van die betrokke maand.)
       
  Hiermee verstaan ek dat indien ek sou nalaat om hierdie onderneming gestand te doen:
3.2 Ek nie toelating vir my kind sal kry vir die daaropvolgende kwartaal nie;
Ek myself aan verdere vervolging blootstel en dat ek aanspreeklik gehou sal word vir die skuldinvorderingskostes wat daarop sou volg.



 

4. Vrywaring:
 
  Ek, die ondergetekende (volle name):
  Ouer/voog van (volle name):
   
4.1 Verleen hiermee toestemming dat my genoemde kind aan al die aktiwiteite by die skool mag deelneem, behalwe die volgende:
 
4.2 Ek aanvaar dat alle redelike voorsorg getref sal word vir die veiligheid en welstand van my kind en ek aanvaar verantwoordelikheid vir die betaling van mediese rekeninge en/of hospitaalrekeninge, indien van toepassing, in geval van 'n besering.
 
4.3 Verder verklaar ek dat, in geval van siekte of besering (noodlottig of andersins, van aktiwiteite, ek nie die skoolhoof, die personeel, of opvoedingsraad van die skool, daarvoor aanspreeklik sal hou nie.
 
4.4 Ek dra my magte as ouer/voog oor aan die hoof van die skool of sy verteenwoordiger indien mediese behandeling/chirurgiese ingrepe vir die kind nodig mag wees en ek nie beskikbaar is nie.
 
4.5 Ek verklaar dat, sover my kennis strek, my kind in goeie gesondheid verkeer, en in alle aktiwiteite van die skool mag deelneem, uitgesonderd die hierbo genoem.

Voltooi asseblief:

Mediese fonds se naam:   Lidnommer:  
Naam van huisdokter:   Telefoonnommer:  

Indien enige van die bogenoemde inligting verander, rus die onus op u om die skool op hoogte te hou.

Geteken te _________________________ op hierdie _________________ dag van

 _____________________20____

As Getuies:

   
1. ___________________________________________ Handtekening : Vader / wettige voog
   
   
2. ___________________________________________ Handtekening : Moeder
   

SLEGS VIR KANTOORGEBRUIK:
       
Leerling Registrasienommer by skool: ____________________________
Geplaas in Graad ____________________________
 
________________________
HANDTEKENING SKOOLHOOF

________________________
HANDTEKENING ADMIN-KANTOOR

       

TOELATINGSBELEID

1. Die Toelatingsbeleid van CVO-skole staan op twee grondbeginsels:

1.1 Die Christelik-Protestantse geloof (Calvinisties-Gereformeerd), gegrond op die Bybel, uitgelê deur slegs die drie belydenisskrifte (Drie Formuliere van Eenheid), te wete, die Heidelbergse Kategismus, Nederlandse Geloofsbelydenis en die Dordtse Leerreëls

1.2 Die uitleef van die Afrikanerkultuur, in besonder, die kultuurbeskouing dat kultuur die gehoorsaamheid aan die Bybelse kultuuropdrag is, en dat die Afrikaner se uitlewing daarvan onder andere vergestalt word in die Gelofte van Desember 1838, en die herbevestiging daarvan in Desember 1880.

2. Die implikasies van die toelatingsbeleid is dat:

2.1. Die skool slegs kinders toelaat wie se ouers die Christelik-Protestantse geloofsoortuiging, soos verwoord in die Drie Formuliere van Eenheid, as persoonlike geloofsoortuiging bely en uitleef, en dat alle ouers wel verbondsouers is.

2.2 Die Doopbelofte as Verbondsgelofte ten volle deur verbondsouers nagekom sal word, en dat die kinders dienooreenkomstig ook in die skool volgens die Calvinisties-Gereformeerde leer onderrig sal word, d.w.s. dat die onderwys daarvolgens ingerig sal word.

2.3 Die kind se reg tot moedertaalonderrig erken word, en derhalwe sal die voertaal en onderrigtaal van die skool Afrikaans wees.

2.4 Die kultuurgeskiedenis van die Afrikaner as taal- en kultuurgroep gedenk en eerbiedig moet word.

2.5 Dat verbondsouers punte 2.1, 2.2 en 2.3 moet onderskryf en aktief bevorder.

2.6 Ouers punte 2.1, 2.2, 2.3 en 2.4 moet onderskryf en aktief bevorder.

2.7 Ouers gekeur en tot lede van die skoolvereniging toegelaat word op grond van voldoening aan die vereistes hierbo gemeld, en slegs kinders van ouers wat as lede van die skoolvereniging toegelaat is, tot die skool toegelaat word. Hierdie lidmaatskap van die ouers aan die skoolvereniging geld slegs vir die duur van een akademiese jaar, en alle ouers moet jaarliks weer heraansoek doen vir lidmaatskap.

2.8 Slegs kinders toegelaat word wat nie die dissipline en goeie orde van die skool sal ondermyn nie.

3. Verdere beleidsbepalings waaraan voldoen moet word is, dat:

3.1 Ouers die wettige bestuurs- en onderrigstrukture en kommunikasiekanale van die skool in terme van die skool se oprigtingsdokumente, aanvaar en te alle tye eerbiedig.

3.2 Ouers en kinders hulle onderwerp aan die skoolreëls en landswette.

3.3 Ouers alle finansiële verpligtinge, soos deur die CVO-skool bepaal, stiptelik sal nakom.

3.4 Dat slegs kinders van ouers wat as lede van die skoolvereniging toegelaat is, tot die skool toegelaat word, en verder onderhewig daaraan dat slegs kinders toegelaat word wat baat kan vind by die onderrig wat aan die betrokke skool aangebied word.

3.5 Ouers lede word van die BCVO.

3.6 Leerders Afrikaanse moedertaal-onderrig ontvang

3.7 Vier (4) kwartale met datums soos deur die BCVO voorsien (sover moontlik in lyn met openbare skole) toegepas word.

3.8 Fooie betaal word aan die skool soos aangedui deur die skool

4. Aanstellingsvereistes vir onderwys- en administratiewe personeel.

Naas die vereiste akademiese en opvoedkundige kwalifikasies, geld bogenoemde vereistes ook vir die toelating van ouers tot die skoolvereniging, mutatis mutandis (met die nodige veranderinge), sowel as vir die aanstelling van onderwys- en administratiewe personeel.

5. Definisies

5.1 "Volkseie" dui hier op die omvattende kultuur van die Afrikaner, m.a.w. sy ganse geestelike besitting, insluitend die Afrikaanse taal.

5.2 "Ouers", omvat 'n verwysing na die kind se biologiese ouers, aanneemouers, grootouers, persone by wie die kind in pleegsorg is, of enige persoon onder wie se direkte beheer en toesig die kind geplaas is, en wie deur die bestuur van die skoolvereniging gekeur en bevind word aan die beginsels voldoen, en geag word die ouer van die kind te wees.

5.3 "Verbondsouers" is gelowige ouers wie se kinders gedoop is, as teken daarvan dat hulle as verbondskinders ook in God se Genadeverbond ingesluit is.

5.4 "Skoolvereniging" verwys, na gelang van die bepaalde skool se gekose bestuursvorm, na die artikel 21-Maatskappy, Beslote Korporasie, Trust, Gemeenregtelike Vereniging, of enige ander regsentiteit, van watter aard ookal, wat die betrokke CVO-skool bedryf.

5.5 "CVO-Skool" verwys na 'n Christelik-Volkseie Onderwysskool wat die beginsels van die toelatingsbeleid soos hierbo uiteengesit, streng toepas.

5.6 "BCVO" verwys na die Beweging vir Christelik-Volkseie Onderwys, wat as 'n Artikel 21-Maatskappy bedryf word.

VERKLARING MET BETREKKING TOT TOELATINGSBELEID


Ek/ons, die ondergetekendes


_____________________________________________________
Vader/voog (volle name)

en

_____________________________________________________
Moeder/voog (volle name)


bevestig deur die ondertekening van hierdie toelatingsbeleid dat:

1. Ek/ons die toelatingsbeleid hierbo in sy geheel bestudeer het en die inhoud daarvan verstaan.

2. Ek/ons die beginsels en waardes soos daarin uiteengesit, volkome onderskryf as my persoonlike oortuiging, geloof en beginsels. Dit is ook my wens is dat my kinders daarvolgens opgevoed word om dit uit te leef.

3. Ek/ons onderneem om onverwyld met die Direksie in verbinding te tree, indien ek my onderskrywing van bostaande toelatingsbeleid in heroorweging neem.

Geteken te______________________op hierdie ______ dag van ____________   20___


_______________________________ ________________________________
HANDTEKENING VADER/VOOG               HANDTEKENING MOEDER/VOOG

 

 
Vir kantoorgebruik: Aansoek goedgekeur/afgekeur ______________________
 
Status: Stemreg/Geen stemreg         Voorwaardelik: ______________________
 
Handtekening gemagtigde ______________________ Datum: ______________

 

 

 

 

 

Lei my in U waarheid en leer my, want U is die God van my heil.
U verwag ek die hele dag.
Psalm 25:5

 

Werfkaart

 

 

 

Tuis
Op


 

TuisOp

Privaatskool Amajuba vir CVO Nie Winsgewende Organisasie : NPO nr 153-306

ARK Web Design * ARK Webontwerp

ARK Webontwerp sedert 1998
ARK Web Design since 1998

arkpark.info

Kaleidoskoop

Voetspore

Swallow Software

Swallow Software

ADSA Advertensies

 ARK Web Design © 2023
ARK Webontwerp © 2023

Bekering
Bekering

Bybelteks

'n Christen…


Majuba Monument

De Camp Courant